top of page
0ab53e94-c858-48d4-a578-2d52cfece002.JPG

Die Troue.

Elke gas het 'n spesiale plek in ons harte en dit is vir ons 'n voorreg om jou deel van ons huwelik te hê. Ons plaas slegs belangrike inligting op die webtuiste vir nou en sal mettertyd verder uitbrei. Neem asseblief kennis dat dit 'n bedrywige naweek in die Kaap gaan wees weens Paasnaweek. Ons raai jou sterk aan om vroegtydig logistieke reëlings te tref om die dag saam met ons te geniet. 

TYD

27 Maart, 2027
16:00

Einde Maart maand se Kaap-prag het ons harte gesteel. Ons perfekte datum is 27/03/27, een wat ons vir altyd sal koester. Paasnaweek bring selfs meer betekenis aan die datum.

PLEK

Belair Pavilion,
Suid-Agter-Paarl St, Paarl,
Kaapstad, 7624

Belair Pavilion, ’n sprokies tuin met prentjie mooi uitsigte van die graniet Paarlberg het met die eerste oogopslag ons voete onder ons uitgeslaan. Dit is die perfekte kombinasie van klassiek en elegant, en beskik oor 'n pragtige kapel bedek in jasmyn en klimop.

RSVP

1 September 2026
 

Laat weet ons asseblief teen Lentedag 2026 of jy by ons gaan aansluit. Dit sal help met beplanning en om die dag ekstra perfek te maak.

Akkommodasie

Ons het 'n lys gemaak van akkommodasie opsies in die omliggende area vir jou gerief. Indien jy enige vrae het rakende akkommodasie, kontak gerus Wihann of Rochelle

© 2035 by Bella and Brown. Powered and secured by Wix

  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
bottom of page