top of page
B0F93607-45B7-49B4-8D5D-258416BC90A1.JPG

'N STOEPSIT VERHAAL

8987aca7-03a4-490c-a31f-b52b5cb3781a.JPG
WIHANN SE WEERGAWE

Na 'n spesiale familiekuier by Boegoebult 63 - Springerbaai, waar 'n arsenaal van oupa Loubser se klipdasse vir die kleinseuns uitgedeel was, het die jongspan besluit om 'n jakkalsdraai by Stoepsit (die plaaslike watergat/restaurant) te gaan maak.

​

Ek was trots op my Malachite klipdas en het semi-gevoel asof ons deel was van een of ander eksotiese mafia. Ek, Johann, Drikus, Marcé, Pieter, en Jacques pak twee stelle kaarte in en maak spore.

​

Toe ons by Stoepsit aankom, het ons onmiddelik die regterkantste tafel in die hoek geannekseer en uit ouder gewoonte begin "blackjack" speel. Ek let toe op dat daar 'n groep jongmense is wat oorborrel van gees. Hulle het onder andere gebraai, gescrum, gefunnel, gegrap en luidrigtig musiek gespeel.

​

Ek let toe ook op dat Herman Raubenheimer (oud-helpie) met 'n stunning meisie - wat ek kon sien deel was van hierdie groep studente - by die kroeg staan en gesels, sy het 'n rooi truitjie, en 'n swart-en-wit floraal romp aangehad. Haar opvallende, White-Walker-Hiemstra blou oë, sagte-lang-blonde hare en rooi geverfde lippe het dadelik my aandag getrek soos Oakdale landbouskool se eerste toutrek span en ek weet, ek weet ek moet dringend 'n plan beraam om myself aan haar voor te stel.

​

Nadat sy weer by haar groep aangesluit het, het ek vir Herman genader, bietjie opgevang en gesels, en hom toe gevra wat die meisie se naam is met wie hy sopas gesels het, "Rochelle van Veijeren" bevestig hy en nes 'n katalisator 'n chemiese reaksie versnel, versnel hierdie naam instinktiewelik my hartklop.

​

Ek wag toe angstig my kans af om my skoot te skiet en toe sy die volgende keer terugkeer na sy 'n addisionele glas rooiwyn by die kroeg gaan kry het, trek ek die sneller en roep haar kliphard op haar naam! Aanvanklik het sy bietjie verward rondgekyk, soos 'n jakkalswyfie in 'n kollig, maar toe met hope selfvertroue by ons tafel (van sogenaamde "ou mense") kom aansluit.

​

Rochelle het dadelik saam begin speel, haar klassieke kreef-grappie vertel om die ys te breek en vir my iewers in die proses gesê sy is 'n "electrician". Op daardie stadium het dit my nie net beïndruk nie, maar sin gemaak weens die hoë spannings vonke wat deur my liggaam beweeg het soos ek langs hierdie absolute porselein-pop sit en gesels.

​

Ons het verder gesels en sy verwys op 'n stadium na haar studente by Tuks en dit maak toe sin dat sy 'n "lekrise" en nie 'n electrician gesê het nie. Ons het bitter baie gelag, heerlik gekuier, mekaar voorgestel aan die res van die jongmense en 'n onvergeetlike aand gehad.

​

Ek het myself later die aand genooi om verder by hul huis op Springer te gaan kuier, heelaand lank vir Christiaan swaerrie genoem, en kort voor lank daarop aangedring om haar ouers te ontmoet.

​

Ek bly tot vandag toe dankbaar vir my Malachite klipdas, die Helpie-ketting wat nie breek nie, en die feit dat my rondsnuffel recon-mission so uitsonderlik afbetaal het.

AFA394BA-ADCD-4C13-8C32-A4EBF3A8B4BA.JPG
ROCHELLE SE WEERGAWE

'n Seevakansie saam vriende het my na Springerbaai geneem. Na 'n lang reis af, pak ons die tydjie aan soos die studente wat ons was.

​

Op die 28ste Desember 2022 is die vriendegroep (alweer) op pad Stoepsit toe vir 'n laat aand. Ek sê ek vir my vriendin, Zinske, dat ons eerder rustig by die huis moet kuier met 'n glasie wyn op Springerbaai se dek.

​

Christiaan het 'n manier om my arm te draai... en Stoepsit roep my naam.

 

Min het ek geweet dat 'n Stoepsit kuier teenoor 'n rustige aand by die huis die beste besluit was. 

 

Want daardie aand het my lewe vir altyd verander. 

​

By Stoepsit aangekom, kuier ons heerlik, en ek is eintlik bly dat ons daar is.

 

Later die aand kom daar 'n groep mense ingestap. Die seuns het almal klipdasse om hul nekke. Hul gaan sit by 'n buitetafel en ons kuier verder sonder dat ek te veel aan hulle dink.

 

Ek en Zinske stap kroeg toe vir 'n glas rooiwyn. Dit is waar ek Marcé, Wihann se niggie, ontmoet het. Ek onthou hoe obsessed ek was met haar mooi, donker lang hare! 

​

Ek en Zinske stap rustig buite toe... out of nowhere hoor ek 'n vreemde stem skree, "Rochelle!".

 

Dit was Wihann.

​

"Hallo?", vra ek, 'n bietjie deurmekaar (ken ek jou?). Wihann roep my nader en stel homself voor. Hy nooi my om by hul tafel aan te sluit.

 

Huiwerig gaan sit ek langs my toekomstige man.

 

Ek speel saam Black Jack, geniet my rooiwyn, en bloos bitter skaam...

 

Wat sal hierdie aantreklike ingenieur nou van my dink? Boonop was hy 27 (en 'n paar dae weg van sy 28ste verjaarsdag) en ek maar net 23.

 

Min het ek geweet dat hy die wêreld van my gedink het, die mooi in my gesien het, en nooit weer terug sou kyk nie.​​

​

Dankie, Christiaan, wat my arm gedraai het. Dankie Stoepsit. 

En die belangrikste, dankie Liewe Vader.

1 AARDE, 7 OSEANE, 7 KONTINENTE, 7 BILJOEN MENSE

© 2035 by Bella and Brown. Powered and secured by Wix

  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
bottom of page